Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

ATKV-OORDE

ATKV-oorde spog met ‘n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en vermaakaktiwiteite. Besoek gerus die oord van jou keuse se blad om die fasiliteite te besigtig. Vermaak vir die hele gesin! By ATKV-oorde is daar geen tekort aan plesier nie – van musiek en speletjies, daar is iets vir almal.

BUFFELSPOORT - NOORD-WES

Minder as ’n uur se ry van Pta en Jhb, en net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort - die ideale bestemming vir gesinsvakansies, ontspanning en avontuur. Buffesloort bied ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en ’n goed toegeruste winkel. Dis die perfekte basis om die talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing te verken. Hulle kampeergeriewe is veral gewild. Kies tussen 4-bed tenthuise, skaduryke staanplekke of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en braaigeriewe. Daar is ook uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite vir ’n sorgvrye ervaring. Of jy op soek is na aksie en avontuur, of net wil ontspan en rus - Buffelspoort bied die volmaakte gesinsvakansie. 


GOUDINI SPA - WES-KAAP

ATKV Goudini Spa skuil tussen die pragtige berge van die Boland op die gewilde Roete 62, net 20 km buite Worcester. Hierdie bekende vakansie en konferensieoord bied vars berglug, warmwaterbronne en ’n ontspanne vakansie-atmosfeer. Die oord bied gehalte-akkommodasie vir 2 tot 8 gaste in gerieflike selfsorg-eenhede met privaat badkamers, kombuisgeriewe en TV met sekere DStv-kanale. Elke eenheid beskik ook oor braaigeriewe – perfek vir lang, rustige aande saam met familie en vriende. Gaste kan ontspan in die natuurlike warmwaterbronne, swembaddens geniet of die omliggende wingerde en wynplase van Roete 62 verken. Goudini Spa is die ideale bestemming vir ’n ontspanne Boland-wegbreek waar natuur, ontspanning en vakansiepret saamkom.


NATALIA - KZN

ATKV Natalia bied ’n ontspanne seewegbreek net 40 km suid van Durban, naby Winkelspruit – waar die geluid van die branders jou vakansie begin. Verblyf bestaan uit ruim selfsorgwoonstelle vir 2 tot 6 gaste, sommige met pragtige see-uitsigte en balkonne. Elke eenheid is gerieflik ingerig met ’n kombuisie, leefarea en DStv – perfek vir ’n sorgvrye strandvakansie. Geniet sonskyn en see met ’n veilige strand (lewensredders en haainette), of ontspan by die swembad en braaigeriewe. Daar is ook hope pret vir die hele gesin met mini-gholf, trampoliens, snoeker, visvang en ’n speletjiesarkade. Boonop is dit naby gewilde besienswaardighede soos uShaka Marine World, dolfynkyk-ervarings en skilderagtige kusaktiwiteite.


HARTENBOS - WES-KAAP

Geleë op die wêreldbekende Tuinroete naby Mosselbaai, is ATKV Hartenbos ’n gewilde vakansiebestemming waar see, son en gesinspret saamkom. Met direkte toegang tot die strand en ’n lewendige, veilige atmosfeer, is dit die ideale plek vir ’n ontspanne wegbreek. Die oord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie-opsies – van selfsorg-eenhede, chalets en rondawels tot strandhuise en kampeerplekke. Daar is geen tekort aan aktiwiteite en fasiliteite nie: swembaddens, ’n waterpark met glybane, mini-golf, speelareas vir kinders, sportfasiliteite en ’n strandwandelroete. Die oord bied ook vermaakprogramme tydens vakansietye, wat die hele gesin besig en opgewonde hou. Verder beskik Hartenbos oor restaurante en ’n geriefswinkel - alles op een plek vir ’n sorgvrye vakansie. Dit is ook die perfekte basis om die Tuinroete en omliggende besienswaardighede te verken.


DRAKENSVILLE - BERGVILLE

ATKV-Drakensville bied ’n wye verskeidenheid selfsorgakkommodasie, insluitend gerieflike chalets en goed ingerigte kampeerterreine. Die opsies is ideaal vir verskillende gesinsgroottes en vakansiebehoeftes – van knus wegbreke tot groot gesinsuitstappies.Die oord beskik oor die gewilde Koswerf-restaurant met smaaklike buffet- en à la carte-etes. Vir ekstra gerief is daar ook ’n OTM, drankwinkel, geriefswinkel en selfs ’n skoonheidsalon op die perseel. Hier is vermaak vir elke ouderdom. Gaste kan ontspan in verhitte en koue swembaddens, die waterglybaan aandurf of deelneem aan aktiwiteite soos avontuur-minigholf, monsterskaak en potspel. Natuurliefhebbers kan staproetes verken of voëlkyk geniet, terwyl sportliefhebbers gebruik kan maak van die krieketnet en gholf-dryfbaan. ’n Speletjieskamer sorg vir ekstra pret, reën of sonskyn.


EILAND-SPA - LIMPOPO

ATKV Eiland Spa lê in die hart van die Hans Merensky Natuurreservaat, aan die rustige oewer van die Letabarivier, net buite Tzaneen. ’n Ware bosveld-wegbreek waar natuur, gemak en ontspanning ontmoet. Die oord bied gerieflike selfsorg-eenhede vir 2 tot 6 gaste, volledig toegerus met lugversorging, DStv, kombuisgeriewe en ’n buitebraai - alles ingebed in ’n klassieke bosveld-atmosfeer. Perfek vir gesinne én spanne, met hope vermaak: swembaddens, mini-gholf, stap- en fietsroetes, tennis, rolbal, visvang, perdry, ’n restaurant én ’n ontspannende hidro-spa. Die stilte en natuur maak dit ook ideaal vir spanbou en strategiese wegbreke. Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika. 


KLEIN KARIBA - BELA-BELA

ATKV Klein-Kariba lê in een van die mooiste klowe van die Waterberge, net buite Bela-Bela, sowat 90 minute van JHB en ’n uur vanaf PTA. ’n Perfekte bosveld-wegbreek vir gesinne, vriende en spanne. Die oord bied 177 gerieflike selfsorg-eenhede – van woonstelle en berghuise tot hutte, tenthuise en gastekamers – almal volledig toegerus met braaigeriewe, beperkte DStv en parkeerplek. Hier is pret vir almal: warm minerale bronne, verhitte binnenshuise swembad, koue buiteswembad, plonspoel, gholf, minigholf, perdry, wildkyk, voetslaan, fietsry, roei, visvang, vlugbal, snoeker en selfs vierwielmotorfietsry. Daar is ook ’n restaurant, wegneemete-kafee, geriefswinkel op die perseel. Met moderne konferensiegeriewe vir tot 700 afgevaardigdes en ’n klipkapel vir prentjiemooi troues, kombineer ATKV Klein-Kariba ontspanning, avontuur en funksies op een plek. 


WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy Policy