Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

FAMILIE VAKANSIES

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf, kamp, vakansieoorde, romantiese wegbreek, spa bestemmings, hotelle, lodges en nog vele meer.

RIVERSTONE LODGE (MULDERSDRIFT)

Slegs ’n klipgooi vanaf Lanseria lughawe, wag ’n stukkie lafenis vir jou siel. Ontsnap uit die stad en neem die pad na Riverstone Lodge in Muldersdrift - ’n onvergeetlike oase langs die wal van die Krokodilrivier. Riverstone Lodge bied pragtige ruim kamers omring deur prentjiemooi tuine en koi-dammetjies. Opsies vir akkommodasie sluit in Executive suites met ’n private balkon, ’n Superior suite met ’n private plaspoel en tuin, Junior suite met ’n private plaspoel, ’n rolstoel-vriendelike familie opsie en standaard kamers met ’n patio wat jou uitlei na die swembad. Bespreek jou tafel by Driftwood restaurant vir ’n rustige aandjie uit met ’n tikkie Portugal!


TO STRAND (PORT EDWARD KZN)

TO Strand is 'n uitsonderlike vakansieoord in Leisure Bay, KwaZulu-Natal, binne trefafstand van Port Edward. Hier kan vakansiegangers uitsien na gesinsvriendelike selfsorg-akkommodasie en 'n groot verskeidenheid doendinge wat selfs die mees kieskeurige lid van die gesin sal vermaak. Verblyf word verskaf in die vorm van een- en twee-slaapkamer chalets, en besoekers is ook welkom om gebruik te maak van kampeergeriewe as hulle die woonwa wil saambring. Die oord se vermaak-opsies sluit mini-golf, vlugbal, tennis, visvang, branderplankry, staproetes, bergfiet-sroetes en kayak-ry in. Daar is ook twee swembaddens, vakansieprogramme vir die kinders in seisoen, 'n restaurant, kroeg en winkel op die perseel.



TSITSIKAMMA LODGE AND SPA (WES-KAAP)

Tsitsikamma Lodge & Spa, geleë langs die Tuinroete, lê in die hart van Tsitsikamma. Tsitsikamma is 'n Khoisan woord wat "plek van baie water" beteken. Die oorvloed van water in die area is duidelik — die lodge is omring deur weelderige groen tuine en berge. Hierdie bekroonde 3-ster lodge bestaan uit 34 karakteristieke vrystaande houthutte en 'n selfsorg eenheid. Elke hut het 'n spa-bad en privaat braaigeriewe. Binne die hoofgebou is daar 'n restaurant, kroeg en lapa. 'n Gesellige sitkamer met 'n kaggel bied die perfekte atmosfeer vir 'n koppie koffie of voor-etekans.Staproetes is die gewildste aktiwiteit op die perseel, veral die beroemde "Striptease Trail". Besoek die spa vir 'n ekstra rustige ervaring. 'n Verblyf by Tsitsikamma Lodge is nie volledig sonder 'n besoek aan die spa nie. 'n Paar-massage word sterk aanbeveel vir 'n besondere ervaring.



HALYARD HOTEL AND SPA (PORT ALFRED)

Geleë in die Oos Kaap, op die Royal Alfred Marina in Port Alfred, bied die Halyards Hotel & Spa beeldskone uitsigte van die Kowie-rivier. Die hotel se posisie is ideaal vir geleenthede soos troues en konferensies. Hulle spog met 49 bekostigbare kamers, geskik vir paartjies, gesinne, en korporatiewe gaste, elk toegerus met en-suite geriewe. Die Wheelhouse Bar & Pooldeck en Charthouse Restaurant bedien heerlike etes, terwyl aktiwiteite bootvaarte en spa behandelings by die River Spa insluit. Die hotel bied ook die Spirit of Adventure, 'n vragskuit beskikbaar vir groot groepe en privaat funksies.Verwag goeie kos en vriendelike diens. Die Wheelhouse Bar & Pooldeck is gunstelinge onder inwonende gaste en publieke patrone. Die Pooldeck, met swembad en jacuzzi, is 'n lieflike spasie vir informele, buitelug etes. 


INDABA LODGE - RICHARDS BAY

Ontdek 'n unieke en uitnodigende toevlugsoord net twee uur noord van Durban by Indaba Lodge Richards Bay. Dompel jouself in die ontspanne gasvryheid en gerief van ons sentraal geleë hotel, waar die weelderige skoonheid van hierdie subtropiese paradys die uitgestrekte savanne van naburige wildreservate ontmoet. Ervaar die ryk tradisies van Zulu-kultuur terwyl jy rustige stappies langs die ongerepte strande van die TuziGazi-kus geniet. Ons verblyf is ontwerp met jou gemak in gedagte, met stylvolle dekor, volle lugversorging en vyf luukse suites. Ontspan op Trevally se Dek met 'n verfrissende ambagsbier of geniet 'n cocktail by Trevally se Bar. Eet in ons ruim, elegante restaurant, waar 'n verkwikkende buffet jou palet sal verwonder. Kom ervaar 'n perfekte mengsel van ontspanning en avontuur by Indaba Lodge Richards Bay.



MBIZI GAME LODGE & SPA (LIMPOPO)

’n Perfekte wegbreek van die besige stadsrumoer, is Mbizi uitgeknip vir ‘n familie vakansie, ‘n of ‘n vriendegroep wat nuwe herinneringe wil opteken. Verblyf opsies strek vanaf karavaan staanplekke met private ablusie geriewe en selfs met jou eie Jacuzzi, eko-vriendelike boskampe, selfsorg eenhede Tenthuise en Bergvillas. Verder spog Mbizi met ‘n reeks aktiwiteite, soos ‘n wye verskeidenheid voël spesies,eksotiese wild , 4X4 Berg roetes , bergfiets-roetes, onder dak verhitte swembaddens, staproetes, naby geleë aan golfbane en vele meer. Begin jou dag deur die vangs van die dag te vang in talle damme, ontspan by die Bophelo Spa en rond die dag af met ‘n skemerkelkie by die bekende Klipgat Cocktail bar waar jy binne in die swembad sit , Mbizi het dit alles!


BADPLAAS A FOREVER RESORT (MPUMALANGA)

Hierdie bekroonde Mpumalanga oord is geleë in die Emanzana Natuurreservaat, en is bekend vir sy warm mineralebron, en is slegs 2.5 uur se ry van Gauteng af. Akkomodasie behels 48 hotel-kamers, 161 selfsorg chalets en 300 karavaanstaanplekke wat toegerus is met kragpunte. Die kamp bied uiters netjiese ablusie fasiliteite, wat ook ‘n fasiliteit vir gestremde persone insluit. Die natuurreservaat kan verken word deur te bespreek vir een van ons gewilde wildritte, u kan dit ook in u privaatvoertuig, of selfs te perd verken. Die reservaat het talle bok en voëlspesies, sowel as kameelperde. Vir jou ontspanning kan jy kies uit die talle watersport-geriewe, soos waterglybane, die Rinkhals, sowel as mineraalwater warm en koue swembaddens. 


ARENDSIG VILLA (BELA-BELA)

ArendSig Villa is 'n afgesonderde selfsorg-wegbreekplek vir gesinne in die Mabula Wildreservaat. ArendSig is die perfekte plek vir vriende en familie wat op soek is na 'n luukse wegbreek in die bosveld. Die villa beskik oor 4 dubbel-kamers met pragtige en suite-badkamers, elk met 'n bad en stort. Daar is ook privaat buitelug-storte. Die kombuis is volledig toegerus en daar is 'n oopplan-sitkamer en -eetarea, asook 'n biblioteek. Daar is ook 'n pooltafel, gimnasium toerusting, TV met sekere DStv-kanale en DVD-speler. Daar is 'n ysmasjien. Nespresso koffiemasjien en skottel-goedwasser vir gaste se gerief en 'n daaglikse skoonmaakdiens. Gaste het toegang tot 'n swembadkamer met 'n stoom-sauna, swembad en Jacuzzi. Die lapa is ideaal vir braai en aandete onder die sterre. Vuurmaakhout word voorsien.'n Voertuig en wildbewaarder is beskikbaar vir opwindende, privaat wildritte.


WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy Policy