Screen Size

ATKV-BUFFELSPOORT

Minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg, net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort-vakansieoord. Met ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en goed-toegeruste winkel is ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy die magdom toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken. 

Ons kampeergeriewe is veral gewild. Benewens ons vierbed-tenthuise het ons ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en braai-area. Uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite. Perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede … die volmaakte gesinsvakansie! Boonop bied die omgewing se rustigheid die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning. ATKV-Buffelspoort – ons oase in die Magaliesberge.

Enquiries



TOP Vakansie-bestemmings

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontspan, Herlaai, Herleef! Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings...

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2025 - All rights reserved.  |  Privacy Policy