Screen Size

ATKV-EILAND SPA

Ontspan en geniet ware gasvryheid by ons toevlugsoord in die Limpopo. Op die suidelike oewer van die Letabarivier slegs 68 km oos van Tzaneen in die Limpopoprovinsie, lê ATKV-Eiland Spa in die hartjie van die Hans Merensky-natuurreservaat. Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika. Met ’n verskeidenheid selfsorg-akkommodasie, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, restaurant, asook ’n helende hidro-spa is ATKV-Eiland Spa die ideale plek vir die hele gesin om te kom ontspan.

Die rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing skep die ideale atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en spanbou. Wenner in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings vir die kategorie: Groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.

Enquiries



Romantiese Wegbreek

Liefde is die mooiste avontuur... en elke avontuur begin met die perfekte bestemming....

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings waar ontspanning en welstand...

LEES MEER

Kamp avontuur spots

Ontsnap die alledaagse en duik in die natuur met kampplekke wat avontuur en ontspanning...

LEES MEER

ATKV-OORDE

ATKV-oorde spog met ‘n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en vermaakaktiwiteite....

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

VOLG ONS OP
Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy PolicyMedia Use References