Screen Size

ATKV-GOUDINI SPA OORD (WES-KAAP)

Skaars ’n uur van Kaapstad in die hartjie van die Bolandse berge lê ATKV-Goudini Spa met sy helende mineraalbaddens en te veel pretdinge om in een vakansie in te pas. ATKV-Goudini Spa se verskeidenheid selfsorgakkommodasie, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak. Aktiwiteite op die oord sluit in verskillende natuurlik verhitte swembaddens, warmwaterglyplank ,tennis- en vlugbalbane, asook 'n speletjieskamer en staproetes in die natuurskoon.

Die oord beskik oor uitstaande konferensielokale wat tot 800 konferensiegangers kan huisves met nege verskillende konferensie lokale om van te kies. Dit is ook die ideale keuse vir ’n perfekte huweliksonthaal met pragtige uitsigte oor die Breedevallei. ATKV-Goudini Spa beskik oor ’n gelisensieerde restaurant, geriefswinkel en skoonheidsalon op die oord, asook ‘n wassery, OTM en Halaal-gesertifiseerde wegneemetes. Perfek vir gesinsvakansies.

Enquiries



TOP 30 Vakansie-bestemmings

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Spa Bestemmings

Ontspan en vind ontvlugting van die gejaag van die lewe met ons spa afdeling. Een...

LEES MEER

Vakansie Avontuur

Vakansie avontuur vir jonk en oud! Daar is 'n wye verskeidenheid vakansie-avontuuraktiwiteite...

LEES MEER
Copyright © VakansiePlekke 2025 - All rights reserved.  |  Privacy Policy