Screen Size

MBIZI GAME LODGE & SPA (LIMPOPO)

Weggebêre slegs 8 kilometer vanaf Warmbad, rus Mbizi wildsreservaat en spa. ’n Perfekte wegbreek van die besige stadsrumoer, is Mbizi uitgeknip vir ‘n familie vakansie, ‘n romantiese naweek of ‘n vriendegroep wat nuwe herinneringe wil opteken. Mbizi is ook ‘n perfek vir ‘n bruid en bruidegom om die knoop deur te hak en ‘n sprokiestroue te geniet by ons nuwe Klipkerk en veneu (Troupant Kapel en Onthaal ) Verblyf opsies strek vanaf karavaan staanplekke met private ablusie geriewe en selfs met jou eie Jacuzzi, eko-vriendelike boskampe, selfsorg eenhede Tenthuise en Bergvillas. 

Verder spog Mbizi met ‘n reeks aktiwiteite, soos ‘n wye verskeidenheid voël spesies,eksotiese wild , 4X4 Berg roetes , bergfiets-roetes, onder dak verhitte swembaddens, staproetes, naby geleë aan golfbane en vele meer. Begin jou dag deur die vangs van die dag te vang in talle damme, volg dit op deur die spiere te ontspan by die Bophelo Spa terwyl die kinders met die plaasdiere sosialiseer en rond die dag af met ‘n skemerkelkie by die bekende Klipgat Cocktail bar waar jy binne in die swembad sit , Mbizi het dit alles!


Enquiries



TOP Vakansie-bestemmings

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontspan, Herlaai, Herleef! Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings...

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy Policy