Screen Size

ITAGA PRIVATE GAME LODGE (BELA-BELA)

Itaga Lodge is ‘n luukse privaat lodge geleë in die Mabalingwe Natuurreservaat, ‘n 12 000 hektaar malaria –vrye wildsreservaat buite Bela Bela, in die Limpopo Provinsie. Itaga het 'n trotse reputasie as 'n eksklusiewe 4-ster-lodge waar onderbeklemtoonde elegansie weerspieël word wat ideaal is vir koorporatiewe, familie of romantiese wegbreke.  Die lodge is maklik bereikbaar en is slegs ‘n klipgooi ver van groot stede soos Pretoria, Johannesburg en ook OR Tambo Internasionale Lughawe. Die groot 5 kan op die reservaat besigtig word tydens aktiwiteite, waarvan die leeus in kampe besigtig kan word.  Verskeie ander aktiwiteite word in die omliggende omgewing aangebied vir die avontuurlistige gene. 

Itaga beskik oor 8 luuks, moderne Afrika-styl en-suite chalets. Elke kamer het 'n privaat pergola-bedekte patio en die meeste van die kamers is ingerig met privaat buite-bosstorte. Die grasdak-gedeelte wat die kern vorm van die hooflodge het 'n romanties ingerigte eetarea, 'n intieme leefarea met 'n ken-merkende kaggel, ‘n kroeg en 'n uitkykdek wat uitsigte bied oor die watergat. ‘n Nuut opgerigte Spa-kamer met gekwalifiseerde terapeute en ‘n oefenkamer is op die perseel geleë.

Enquiries



TOP 30 Vakansie-bestemmings

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Spa Bestemmings

Ontspan en vind ontvlugting van die gejaag van die lewe met ons spa afdeling. Een...

LEES MEER

Vakansie Avontuur

Vakansie avontuur vir jonk en oud! Daar is 'n wye verskeidenheid vakansie-avontuuraktiwiteite...

LEES MEER
Copyright © VakansiePlekke 2025 - All rights reserved.  |  Privacy Policy