Screen Size

RIVIERA HOTEL HARTENBOS

Geleë op die oewer van die pragtige Hartenbosrivier, net ’n kort entjie van die strand af, bied Riviera Hotel Hartenbos die perfekte kombinasie van see, natuur en ontspanning. Met mooi uitsigte oor die rivier en maklike toegang tot die strand, is dit ’n ideale bestemming vir ’n gesinsvakansie of naweekwegbreek aan die Tuinroete. Die hotel bied ’n verskeidenheid akkommodasie-opsies – van gerieflike hotelkamers en gesinskamers tot ruim selfsorg-eenhede en woonstelle. Elke eenheid is ingerig vir gemak en gerief, met alles wat jy nodig het vir ’n ontspanne en sorgvrye verblyf. 

Daar is geen tekort aan fasiliteite en aktiwiteite nie,ontspan by die swembad langs die rivier, geniet ’n drankie by die kroeg of smul aan lekker etes by die restaurant. Die omgewing bied ook toegang tot strande, visvang, staproetes en verskeie besienswaardighede in die Tuinroete. Verder beskik die hotel oor troue-, konferensie- en funksiefasiliteite, wat dit ideaal maak vir spesiale geleenthede, vieringe en spanbou-geleenthede in ’n pragtige omgewing. Of jy nou lus is vir ’n rustige strandnaweek, ’n gesellige gesinsvakansie of ’n ontspanne wegbreek langs die rivier - Riviera Hotel Hartenbos bied die perfekte plek om te ontspan en onvergeetlike herinneringe te skep.

Enquiries



Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontspan, Herlaai, Herleef! Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings...

LEES MEER

Kamp avontuur spots

Ontsnap die alledaagse en duik in die natuur met kampplekke wat avontuur en ontspanning...

LEES MEER

ATKV-OORDE

ATKV-oorde spog met ‘n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en vermaakaktiwiteite....

LEES MEER

Familie Vakansies

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy Policy