Screen Size

ATKV-KLEIN-KARIBA

ATKV Klein-Kariba is ’n gewilde bosveld-wegbreek naby Bela-Bela waar vakansie en avontuur saamkom. Die oord bied ’n groot verskeidenheid selfsorgverblyf, van woonstelle en berghuise tot tenthuise – perfek vir paartjies, gesinne en groepe wat saam wil ontspan of kuier. Alles is gerieflik op een plek: ’n restaurant, wegneemetes, geriefswinkel en OTM maak jou verblyf maklik en sorgvry.

Hier is altyd iets om te doen. Ontspan in die warm minerale swembaddens, koel af in die buite swembad of geniet die binnenshuise verhitte swembad. Vir pret en aktiwiteit wag minigholf, ’n waterwurm en kortystergholf, terwyl die natuurliefhebbers staproetes, fietsry, visvang, wildkyk en roeibootjies kan geniet. Vir die meer avontuurlustiges is daar perdritte, vierwielmotorfietsritte en opwindende zip-line ervarings – alles in die pragtige Waterberge-omgewing wat die perfekte vakansie-atmosfeer skep.

Enquiries



Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontspan, Herlaai, Herleef! Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings...

LEES MEER

Kamp avontuur spots

Ontsnap die alledaagse en duik in die natuur met kampplekke wat avontuur en ontspanning...

LEES MEER

ATKV-OORDE

ATKV-oorde spog met ‘n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en vermaakaktiwiteite....

LEES MEER

Familie Vakansies

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy Policy