Screen Size

ATKV-GOUDINI SPA - RAWSONVILLE

Slegs ’n uur se ry vanaf Kaapstad, diep in die Bolandse berge, en is ’n ware alles-in-een vakansieoord waar ontspanning, pret en natuurskoon saamvloei. Bekend vir sy helende mineraalbaddens en warmwaterpret, is dit die tipe plek waar jy aankom en sommer dadelik wil bly. Die oord bied ’n wye verskeidenheid gerieflike selfsorg-akkommodasie, ideaal vir gesinne, paartjies en groepe. Aktiwiteite is volop: ontspan in natuurlik verhitte swembaddens, gly op die warmwaterglyplank, speel tennis of vlugbal, kuier in die speletjieskamer of verken staproetes met asemrowende uitsigte oor die Breedevallei.

ATKV-Goudini Spa is ook perfek ingerig vir konferensies, troues en spesiale geleenthede, met nege moderne konferensielokale wat tot 800 gaste kan akkommodeer, asook pragtige onthaalruimtes vir huweliksonthale met berg- en vallei-uitsigte. Op die oord self vind jy alles wat ’n sorgvrye vakansie verg: ’n gelisensieerde restaurant, geriefswinkel, skoonheidsalon, wassery, OTM en Halaal-gesertifiseerde wegneemetes. Dit maak ATKV-Goudini Spa die ideale keuse vir ’n ontspanne, propvol gesinsvakansie waar elke dag iets nuuts bied.

Enquiries



Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontspan, Herlaai, Herleef! Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings...

LEES MEER

Kamp avontuur spots

Ontsnap die alledaagse en duik in die natuur met kampplekke wat avontuur en ontspanning...

LEES MEER

ATKV-OORDE

ATKV-oorde spog met ‘n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en vermaakaktiwiteite....

LEES MEER

Familie Vakansies

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy Policy