Screen Size

FOREST CREEK LODGE & SPA

Forest Creek Lodge is elke natuurliefhebber en stiltesoeker se droombestemming. Oud of jonk, enkel, gesin of pasgetroud sal hier ’n betowerende wegbreek vind wat alles bied van staproetes, perdry en nabye besienswaardighede soos God’s Window, Sabie en die Nasionale Krugerwildtuin, tot sterrekyk,  spabederf, piekniek in die woud of bad in die bos (ja regtig!). Jy kan kies uit verkwikkende verblyf in een van vyf luukse suites of vier selfsorgeenhede. 

Die Luxury suites bied opsies van afgesonderde private hoekies in die bos met koningsgrootte beddens (selfs met ekstra lengte) en buitelugstorte tot kaggels in jou kamer en ’n bad groot genoeg vir twee! In al die kamers wag kraakvars linne, ’n waaier, verwarmer, elektriesekombers en ’n asemrowende uitsig vir jou. Die selfsorgeenhede bied ’n verskeidenheid slaapopsies perfek vir paartjies, gesinne of ’n naweek saam met vriende. Met braaigeriewe, stoep en bomekoepel beloof elke besoek lewenslange herinneringe. Forest Creek Lodge is slegs ongeveer drie ure vanaf Johannesburg op die R36 naby die Kwenadam.

Enquiries



Romantiese Wegbreek

Liefde is die mooiste avontuur... en elke avontuur begin met die perfekte bestemming....

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings waar ontspanning en welstand...

LEES MEER

Kamp avontuur spots

Ontsnap die alledaagse en duik in die natuur met kampplekke wat avontuur en ontspanning...

LEES MEER

ATKV-OORDE

ATKV-oorde spog met ‘n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en vermaakaktiwiteite....

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

VOLG ONS OP
Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy PolicyMedia Use References